Junior Digitale Bemarker(Vaste Termyn Kontrak)

1 week ago


Pretoria, South Africa AfriForum Full time

Ons is tans op soek na 'n Junior digitale bemarker in AfriForum se bemarkingsafdeling. Die pos is gebaseer by AfriForum se hoofkantoor in Kloofsig, Centurion. Dis 'n vastetermynkontrakposisie vir 12 maande lank.

Om hiervoor in aanmerking te kom, benodig jy 'n eenjaar
- tot driejaardiploma in Bemarking en/of Kommunikasie en een tot twee jaar ondervinding in digitale bemarking, kommunikasie of bemarking asook ervaring met SEO, bemarking op sosiale media, e-posbemarking en betaal-per-klik-advertensies.

Die rol van die digitale bemarker is om die sigbaarheid van AfriForum te verhoog en die handelsmerk te bevorder. Deur digitale bemarkingsveldtogte te ontwikkel en uit te voer, kliënteverhoudinge te bestuur en die handelsmerk te bou deur inhoudbemarking en ander inisiatiewe, speel die digitale bemarker 'n belangrike rol in die dryf van ledegroei. Uiteindelik bestaan hierdie rol om die organisasie te help om sy teikengehoor te bereik, lojaliteit onder bestaande kliënte te bevorder en 'n sterk en herkenbare handelsmerk te bou.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om die volgende verantwoordelikhede uit te voer:

- Die ontwikkeling en implementering van digitale bemarkingsveldtogte om ledewerwing te verhoog, insluitend soekenjinoptimalisering (SEO), bemarking op sosiale media, e-posbemarking en betaal-per-klik-advertensies (_PPC_).
- Ontleding van sosialemediadata om gebruikersgedrag te bepaal en geleenthede vir verbetering te identifiseer.
- Die bou van die handelsmerk deur inhoudbemarking en ander bemarkingsinisiatiewe om handelsmerkbewustheid en reputasie te verhoog.
- Opstel van betaal-per-klik
- en leidraadgeneringsadvertensies met die doel om lede te werf.
- Monitering en analisering van die doeltreffendheid van bemarkingsveldtogte en rapportering oor resultate.
- Opstel van inhoud en ander bemarkingsinisiatiewe om handelsmerkbewustheid en reputasie te verhoog.

Die pos vereis die volgende bevoegdhede:

- vermoë om in 'n span te werk en effektief te kommunikeer
- goeie kommunikasie
- en interpersoonlike vaardighede
- goeie tydbestuur en kreatiwiteit
- 'n oop ingesteldheid t.o.v. verandering, uitsetgedrewenheid

**Aansoeke moet voor of op 9 Januarie 2025**ingedien word.**

**Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.


  • Digitale Bemarker

    6 months ago


    Pretoria, South Africa AfriForum Full time

    Die pos is gebaseer by AfriForum se hoofkantoor in Kloofsig, Centurion. Die rol van die digitale bemarker is om die sigbaarheid van AfriForum te verhoog en die handelsmerk te bevorder. Deur digitale bemarkingsveldtogte te ontwikkel en uit te voer, kliënteverhoudinge te bestuur en die handelsmerk te bou deur inhoudbemarking en ander inisiatiewe, speel die...

  • Junior Electrician

    1 month ago


    Pretoria, South Africa Ligpos (Pty) Ltd Full time

    **BESONDERHEDE VAN POS** - ** Posbenaming**: Junior Elektrisien - ** Arbeidsveld**: Konstruksie **Kort beskrywing van pos**: Algemene elektriese installasie en onderhoud. **Besoldiging**:R52.87 / uur **Pos pligte en sleutelwerksaamhede**: - Elektrisien - Elektriese vakleerling - Voertuig bestuur - Algemene elektriese installasie, onderhoud en...

  • Junior Rekeneerster

    1 month ago


    Pretoria, Gauteng, South Africa Stepco Recruitment Full time

    **Sekere Besigheid oor het:**Ons klient is 'n toonaangewende bemagtigings- en besighedeagentskap wat hul self sy eie bemarking doen.**Salaries:**Oorschatte maandsalaris: R11 500 - R16 500**Joebbeskrywing:**Ons is op soek na 'n Senior Artikel Klerk om ons span by te voeg. Die kandidaat sal betrokke wees by die hantering van artikeltransaksies, faktureering en...


  • Pretoria, Gauteng, South Africa Werksmag Consilium Pty Ltd Full time

    Werksmag Consilium Pty Ltd soek 'n ervare visuele kommunikasiespecialis om hul span by te voeg. Die ideale kandidaat sal 'n graad in Grafiese Ontwerp, Visuele Kunste of 'n verwante veld besit en 'n sterk portefeuljo met praktiese ervaarings in die ontwikkeling van visuele materiaal vir digitale en gedrukte media.Verantwoordelikhede:Onderhou ‘n hoogs...