Digitale Bemarker

6 months ago


Pretoria, South Africa AfriForum Full time

Die pos is gebaseer by AfriForum se hoofkantoor in Kloofsig, Centurion.

Die rol van die digitale bemarker is om die sigbaarheid van AfriForum te verhoog en die handelsmerk te bevorder. Deur digitale bemarkingsveldtogte te ontwikkel en uit te voer, kliënteverhoudinge te bestuur en die handelsmerk te bou deur inhoudbemarking en ander inisiatiewe, speel die digitale bemarker 'n belangrike rol in die dryf van ledegroei. Uiteindelik bestaan hierdie rol om die organisasie te help om sy teikengehoor te bereik, lojaliteit onder bestaande kliënte te bevorder en 'n sterk en herkenbare handelsmerk te bou.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om die volgende verantwoordelikhede uit te voer:

- Die ontwikkeling en implementering van digitale bemarkingsveldtogte om ledewerwing te verhoog, insluitend soekenjinoptimalisering (SEO), bemarking op sosiale media, e-posbemarking en betaal-per-klik-advertensies (_PPC_).
- Ontleding van sosialemediadata om gebruikersgedrag te bepaal en geleenthede vir verbetering te identifiseer.
- Die ontwikkeling en uitvoer van 'n kliëntverhoudingstrategie (_community management_) om met bestaande kliënte in gesprek te tree en die ledebehoudsyfers te verhoog.
- Die bou van die handelsmerk deur inhoudbemarking en ander bemarkingsinisiatiewe om handelsmerkbewustheid en reputasie te verhoog.
- Opstel van betaal-per-klik
- en leidraadgeneringsadvertensies met die doel om lede te werf.
- Monitering en analisering van die doeltreffendheid van bemarkingsveldtogte en rapportering oor resultate.
- Opstel van inhoud en ander bemarkingsinisiatiewe om handelsmerkbewustheid en reputasie te verhoog.

Minimum kwalifikasie: Kwalifikasie in bemarking of enige soortgelyke veld, terwyl 'n toepaslike nagraadse kwalifikasie in die kandidate se guns sal tel. Drie tot vyf jaar se ervaring in digitale bemarking, kliënteverhoudingsbestuur of verwante veld is noodsaaklik.

Ondervinding: Die kandidaat moet verkieslik beskik oor ervaring met SEO, bemarking op sosiale media, e-posbemarking en betaal-per-klik-advertensies.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.



  • Pretoria, South Africa AfriForum Full time

    Ons is tans op soek na 'n Junior digitale bemarker in AfriForum se bemarkingsafdeling. Die pos is gebaseer by AfriForum se hoofkantoor in Kloofsig, Centurion. Dis 'n vastetermynkontrakposisie vir 12 maande lank. Om hiervoor in aanmerking te kom, benodig jy 'n eenjaar - tot driejaardiploma in Bemarking en/of Kommunikasie en een tot twee jaar ondervinding in...


  • Pretoria, Gauteng, South Africa Werksmag Consilium Pty Ltd Full time

    Werksmag Consilium Pty Ltd soek 'n ervare visuele kommunikasiespecialis om hul span by te voeg. Die ideale kandidaat sal 'n graad in Grafiese Ontwerp, Visuele Kunste of 'n verwante veld besit en 'n sterk portefeuljo met praktiese ervaarings in die ontwikkeling van visuele materiaal vir digitale en gedrukte media.Verantwoordelikhede:Onderhou ‘n hoogs...