Huis Zonnekus, Milnerton- Kaapstad

1 week ago

Bellville, Western Cape, South Africa Badisa Charity Full-time
PROFESSIONELE/GEREGISTREERDE VERPLEEGSTER (SUSTER) Aansoeke van Suid-Afrikaanse burgers word vir die onderstaande poste by Huis Zonnekus ingewag: Aard Van Posisie
• 5-dae Werkweek (Ma – Vry, 09:30 – 18:30). Hooffokusareas
• Ondersteuning aan die Suster in Beheer/Hoof van Verpleging.
• Verligting wanneer skofleiers met verlof is. Hoofverantwoordelikhede
• Om toesig te hou dat norme en standaarde vir sorg van ouer persone gehandhaaf word.
• Fasilitering en sorg van inwoners.
• Oorsig en bestuur van verpleegpersoneel en versorgers.
• Uitvoering en bestuur van die In-diens opleidingsprogram.
• Opstel en implementering van individuele sorgplanne vir elke inwoner.
• Gereelde hersiening en opdatering van bestaande sorgplanne. Vereistes Inherente vereistes van die pos:
• Registrasie as ‘n Professionele/Geregistreerde by die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleegkundiges.
• Persoonlike vrywaringsversekering.
• Bereidwilligheid om skofte te werk, oor naweke en op openbare vakansiedae.
• Die vermoë om in Afrikaans en Engels te kommunikeer. Minimum Opvoedkundige Kwalifikasie
• Diploma of graad in Verpleging. Ervaring
• Ten minste 6 jaar relevante ondervinding in verpleging en sorg vir ouer persone.
• Ten minste 2 jaar toepaslike ondervinding op bestuursvlak. Kennis/Vaardighede
• Kennis van die Wet op Verpleeging en die Wet op Ouer Persone.
• Kennis en ervaring in die sorg van ouer persone.
• Kennis en ervaring in die toediening van geskeduleerde medikasie en die beheer daarvan.
• Rekenaarvaardigheid (MS Word, MS Excel en MS Outlook).
• Toepaslike arbeidsverhoudingsvaardighede.
• Vermoë om onafhanklik en binne ‘n span te funksioneer. Vergoeding: Onderhandelbare salaris binne Badisa-riglyne. Diensvoordele
• Werkgewer se bydrae tot die pensioenfonds en mediesefonds.
• Ruim verlofvoordele. Aanvaarding van diens: 1 Desember 2026. Toepassings
• Vereiste dokumentasie: CV en gesertifiseerde kopieë van ID, kwalifikasies en SARV registrasie.
• Sluitingsdatum: 30 Oktober 2026.
• Rig aansoek aan: Fritz Brand, bestuurder@huiszonnekus.co.za.
• Navrae: 021 551 5789