Instandhouding Bestuurder
3 weeks ago
Robertson Wynmakery Landbou Koöperatief Beperk, geleë in Robertson, is op soek na 'n ervare Instandhouding Bestuurder. Die ideale posbekleër is 'n proaktiewe, innoverende persoon met uitstekende leierskaps-, beplanningsen interpersoonlike vaardighede, met die vermoë om probleemoplossing op 'n praktiese manier te benader.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: *alle instandhouding, projekte en ontwikkelinge, navorsing en begrotingsbestuur *projekbestuur (ontwerp/beplanning/kosteberekening/uitvoering) *opleiding van personeel *bestuur van veiligheid
- en brandspanne *bestuur van werkswinkel
- en werkswinkelpersoneel *alle ander take wat met die rol verband hou.
**Voorkeur kwalifikasies, vaardighede en ervaring**:
- Graad 12 en 'n relevante tegniese diploma/sertifikaat (minimum N3);
- Ongeveer 10-15 jaar ondervinding in alle fasette van instandhouding van verwerkingsfasiliteite, toerusting, voertuie en geboue in die wynbedryf;
- Goeie elektriese en meganiese kennis;
- Uitstekende rekenaargeletterdheid (MS Office, Pragma);
- Breë tegniese kennis met 'n sterk fokus op veiligheidstandaarde soos uiteengesit in die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid;
- Goeie begrip van FSSC 22000 of HACCP;
- Ten volle tweetalig (Afrikaans & Engels);
- Geldige bestuurderslisensie en eie betroubare vervoer.
Vir enige navrae, kontak ons span by M3 Human Capital Management op 021 863 1444.
- Let asb dat slegs gekortlysde kandidate gekontak word. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was._