Bestuurder: Kleinbosch

2 days ago


Paarl, South Africa BABYLONSTOREN Full time

Babylonstoren bied ʼn opwindende geleentheid vir ʼn bestuurder van Kleinbosch, waar onder andere vakansieskole en akademiese uitnemendheidskursusse aangebied gaan word. Kleinbosch is ʼn historiese plaas wat die eerste amptelike Afrikaanse skool gehuisves het. Die perseel word tans gerestoureer en behels die ontwikkeling van goeie fasiliteite. Die ideale kandidaat het ’n passie vir die opleiding van die jeug, uitsonderlike mensevaardighede, en die dryfkrag om ’n opwindende instelling te help vestig.

**Vereistes**
- Relevante ervaring in 'n opvoedkundige konteks, byvoorbeeld skoolhoof.
- Ervaring met die bestuur van 'n span.
- Uitsonderlike mensevaardighede - beide publiekgesind en in 'n gasvryheidskonteks.
- Uitstekende kommunikasievermoë in Afrikaans en Engels.
- Blootstelling aan skool-, kamp-, of kursusaanbieding sal voordelig wees.
- Betroubaar en goed georganiseerd.
- Passievol om met kinders te skakel.
- Moet ʼn proaktiewe gesindheid handhaaf en 'n probleemoplosser wees.
- Gedrewe met ’n entrepreneuriese denkwyse.
- Moet gemaklik met ouers en skoolhoofde kan skakel.
- Verblyf op die perseel word verskaf.

**Verantwoordelikhede**
- Help met die werf van 'n span om die sentrum onder jou bestuur te bedryf.
- Skep kursusprogramme en curricula en betrek die nodige kundiges om dit te verwesenlik.
- Reik uit na ouers en skole om ’n kalenderjaar se kampe so spoedig as moontlik te vul en dit as ’n jaarlikse instelling te vestig.
- Reël jaarlikse uitnemendheidskursusse (bv. ’n saamtrek vir top wetenskappresteerders of rekenaarprogrammeerders). Tydens hierdie kursusse kan interessante onderwerpe behandel word wat jong mense stimuleer en ontwikkel.
- Bestuur die Kleinbosch-span, insluitend skofbestuur en sommige menslikehulpbronbestuurtake.
- Hou toesig oor die daaglikse bedrywighede van die verrigtinge.
- Win terugvoer in en dryf voortdurende verbetering.

**Job Types**: Full-time, Permanent

Application Question(s):

- Het jy uitsonderlike skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels?
- Do you have any relevant managerial experience (in an educational context)?

for example school principal?

**Experience**:

- school management (e.g. head teacher/ head master): 4 years (required)