Portefeulje Bestuurder Assistent

5 days ago


Potchefstroom, South Africa Potch Eiendomme Full time

**Portefeulje Bestuurder Assistent Betrekking Beskikbaar: Potch Eiendomme**

Potch Eiendomme beskik tans oor ‘n pos vir ‘n Portefeulje Bestuurder Assistent vir die Regspersone en Huiseienaarsverenigings onder die agentskap se bestuur. Ideale kandidaat verkieslik 'n jong persoon met sterk administratiewe en kliëntediens vaardighede. Potch Eiendomme is geleë te Mareestraat 3 en bied ‘n professionele werksomgewing.

**Posbeskrywing**:
Die pos behels die volgende pligte:

- Hantering van telefoniese en elektroniese navrae.
- Administrasie van basiese herstelwerk bv. gebarste geisers, foutiewe hekke ens.
- Prosessering van kompleksuitgawes vir betaling deur boekhouer.
- Uitvoer van administratiewe opdragte voortspruitend uit bestuurs
- of algemene jaarvergaderings
- Indien en hantering van versekeringseise.
- Oorsigtelike kompleks inspeksies.
- Algemene administrasie.
- Hantering van korrespondensie aan eienaars.

**Vereistes**:

- Graad 12 Sertifikaat.
- Tersiêre kwalifikasie voordelig.
- Rekenaarvaardig in Microsoft Office.
- Professionele geskrewe taalvaardighede.
- Kennis van die Wet op Deeltitels voordelig. Aangestelde kandidaat sal ingeskryf word vir 'n oorsigtelike kursus van die Wet op Deeltitels.
- Eie voertuig (brandstofverbruik word vergoed teen R3.50 per kilometer - geringe gebruik)

**Eienskappe**:

- Selfstandig en pligsgetrou.
- Vriendelike geaardheid tog ferm.
- Noukeurig en akkuraat in daaglikse take.
- Professioneel.
- Spanspeler.
- Geaardheid wat gedryf is tot kliëntediens en kliënte-tevredenheid.
- Taakgedrewe.

Mededingende salaris sal onderhandel word na gelang van ondervinding en ervaring.

**Job Types**: Full-time, Permanent

Pay: R7 000,00 - R9 000,00 per month

Application Question(s):

- Do you have your own vehicle?

**Language**:

- Afrikaans (required)

**Location**:

- Potchefstroom, North West 2532 (required)

Work Location: In person



  • Potchefstroom, South Africa Potch Eiendomme Full time

    **Portefeulje Bestuurder Betrekking Beskikbaar: Potch Eiendomme** Potch Eiendomme beskik tans oor ‘n pos vir ‘n Portefeulje Bestuurder vir die Regspersone en Huiseienaarsverenigings onder die agentskap se bestuur. Ideale kandidaat verkieslik 'n jong gegradueerde met 'n B.A., B.Com of LLB graad of enige ander tersiêre kwalifikasie maar nie 'n vereiste....