Groephoof-finansiële Beampte

3 weeks ago


Lichtenburg, South Africa NWK Limited Full time

**GROEPHOOF- FINANSIËLE BEAMPTE
**LICHTENBURG
**Ons is op soek na 'n visioenêre en kommersieel kundige Geoktrooieerde Rekenmeester (GR) om ons finansiële funksie te lei en 'n
strategiese vennoot van ons Groephoof
- Uitvoerende Beampte (GHUB) te word.

**OOR DIE ROL**:
In hierdie deurslaggewende rol sal jy verantwoordelik wees om toesig te hou oor alle aspekte van ons finansiële gesondheid en om die
GHUB te ondersteun om strategiese groei-inisiatiewe te dryf. Jy sal 'n hoë presterende span lei in kwessies wat verband hou met
finansies, tesourie, risikobestuur en inligtings-tegnologie.

**JOU FOKUS SAL WEES OP: **

**Finansiële leierskap en strategie**: Vestig ʼn vennootskap met die GHUB en leierskapspan om langtermyn finansiële planne,

operasionele doeltreffendheid en kapitaaltoewysingstrategieë te ontwikkel en uit te voer. Om ‘n suksesvolle finansiële leier in dié
posisie te wees, moet die persoon ten alle tye hoë etiese waardes en integriteit demonstreer.

**Finansiële bedrywighede en verslagdoening**: Verseker die akkuraatheid, tydigheid en deursigtigheid van finansiële

verslagdoening, begroting en vooruitskatting.

**Risikobestuur en interne beheermaatreëls**: Verskaf die nodige leiding en dryf die implementering asook handhawing van 'n

robuuste raamwerk vir risikobestuur en interne beheermaatreëls.

**Tesourie en kapitaalmarkte**: Optimaliseer die kapitaalstruktuur, bestuur van likiditeit en versekering van

finansieringsoplossings.

**Belyning van inligtingstegnologie met NWK se strategie**: Dryf en belyn die strategiese rigting van IT-stelsels om NWK se

strategiese doelwitte te ondersteun om sodoende optimale ondersteuning vir die interne funksies en bedrywe te verseker, asook
die verskaffing van data vir ingeligte besluitneming.

**Besigheidsvernuf en -insigte**: Verskaf insiggewende ontledings en aanbevelings om sakeleiers regdeur die maatskappy te

ondersteun.

**Verteenwoordiging op verskeie rade van filiale en gesamentlike ondernemings**: Dien as genomineerde direkteur op die

rade van verskeie filiale en gesamentlike ondernemings om NWK se belange te dryf en te beskerm.

**DIE IDEALE KANDIDAAT BESKIK OOR DIE VOLGENDE: **

'n Bewese rekord van sukses in die ontwikkeling en implementering van finansiële strategieë wat groei en winsgewendheid dryf.

Sterk analitiese en probleemoplossingsvaardighede met die vermoë om finansiële data in uitvoerbare insigte te vertaal.

Uitstekende kommunikasie
- en interpersoonlike vaardighede, met die vermoë om sterk verhoudings op alle vlakke van die
maatskappy te bou.

'n Strategiese ingesteldheid met 'n passie vir vennootskap met sakeleiers om gedeelde doelwitte te bereik.

**KWALIFIKASIES BENODIG: **

Registrasie as ʼn Geoktrooieerde Rekenmeester (SA) in goeie stand met die SAIGR, met uitgebreide IFRS-kennis.

Vyf tot 10 jaar ondervinding in 'n senior finansiële rol binne die landbousektor is noodsaaklik.

Uitgebreide kennis en ervaring in finansiële, aankoop
- en risikobestuur.

Bewese loopbaangeskiedenis in die voorbereiding en bestuur van strategiese planne, sakeplanne en jaarlikse begroting.

Vermoë om interne stelsels en kontroles te implementeer om goeie finansiële bestuur te verseker.

Bewese oorsig en ervaring aangaande tegnologie en inligtingstelsels.

Persoon moet Afrikaans en Engels magtig wees.

Hierdie is 'n uitsonderlike geleentheid vir 'n hoogs gemotiveerde en resultaat gedrewe GR om 'n deurslaggewende rol te speel in die
vorming van die toekoms van ons maatskappy. As jy gereed is om jou loopbaan na die volgende vlak te neem, moedig ons jou aan om
aansoek te doen. Daar sal van die persoon verwag word om hom/haar in die Lichtenburg-omgewing te huisves. ‘n Kompeterende en
markverwante pakket word aangebied.
- Die sluitingsdatum vir aansoeke is _**_10 Mei 2024_**_. Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genooi word nie, ag die aansoek _
- onsuksesvol. NWK ondersteun die oogmerk van die Wet op Gelyke Indiensneming en gee voorkeur aan aansoekers uit die benoemde groepe. _
- Kandidate met gestremdhede word aangemoedig om aansoek te doen. NWK behou die reg voor om die pos nie te vul nie. _

**GROUP CHIEF FINANCIAL OFFICER
**LICHTENBURG
**We are looking for a visionary and commercially sharp Chartered Accountant (CA) to lead our financial function and become a
strategic partner of our Group Chief Executive Officer (GCEO).

**ABOUT THE ROLE**:
In this crucial role you will be responsible for supervising all aspects of our financial health and supporting the GCEO in driving
strategic growth initiatives. You will lead a high performing team in issues that relate to finances, treasury, risk management as
well as information technology.

**YOUR FOCUS WILL BE ON: **

**Financial leadership and strategy**: Establishing a partnership with the GCEO and leadership team to develop and
execute long-term financial plans, operational efficiency as well as capital assignment strategies. To be a successful



  • Lichtenburg, South Africa NWK Limited Full time

    **JUNIOR RISIKOBEAMPTE **LICHTENBURG** NWK, ’n dinamiese en innoverende organisasie, nooi jou uit om by ons span aan te sluit as ’n junior risikobeampte. Dit is jou kans om ’n beduidende impak op ons risikobestuursprosesse te maak en by te dra tot ons voortgesette sukses. **Waarom NWK?** NWK is meer as net ’n werkplek; dis ’n gemeenskap van...