Projekassistent

2 months ago


Pretoria, South Africa AfriForum Full time

Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer.

Die pos is geskik vir iemand wat 'n halfdagpos wil beklee.

Om te kwalifiseer, benodig jy 'n senior sertifikaat met ten minste een of twee bykomende kortkursussertifikate in administrasie of spesiale aangeleenthede (funksies), asook twee tot drie jaar ondervinding in administrasie, projekadministrasie en/of spesiale aangeleenthede.

Die doel van die pos is hoofsaaklik administratiewe ondersteuning asook om bystand tydens projekte (funksies, konferensies en spesiale aangeleenthede) te bied.

Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek, is goeie administratiewe, interpersoonlike en kommunikasievaardighede; koördineringsvermoë en rekenaarvaardighede, onder meer in Microsoft Excel, Word en Outlook.
- Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie,_ kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was._