Konstruksie Voorman

2 weeks ago


Porterville, South Africa Corkon Full time

**KONSTRUKSIE VOORMAN LANDBOUKONSTRUKSIE**

**Ons spesialiseer in landbou konstruksie naamlik spesialis-betonwerk en dreineringstelsels. Ons bied ‘n meededingende salaris met ‘n addisionele produksiebonus aan.**

**‘n Tipiese dag sal uit volgende bestaan**:

- Optel van personeel (Tussen 5h30 en 6h30)en vervoer span na terrein (7h30 op terrein)
- Voltooi en inhandiging van terreindokumentasie soos produksieskedules ,personeel ure ens.
- Kommunikeer met bestuur rondom moontlike probleme en oplossings op terrein.
- Bespreek dagtake met span en moontlike struikelblokke.
- Gee leiding en help met take soos opstel van bekisting, bou van spesiale bekisting, uitsit van hoogtes en opstel van slab bekisting ens.
- Gehalte beheer op alle vormwerk voor beton gegiet word.
- Help en kontroleer met die meng en plaas van beton. Goeie beton kennis word hier verwag.
- Algemene bestuur van produksie op terrein om by daaglikse en projekteikens te bly.
- Toepassing en op datum hou van alle veiligheidsaspekte en administrasie.
- Uitsteekwerk met ‘n totalstation ens gedoen om te verseker dat strukture 100% reg gebou word.
- Stop 18h00 op terrein of as dagtake voltooi is.
- Terugkeer na basis en aflaai van span personeel.
- Gee terugvoer aan bestuur oor vordering

**Vereistes**:

- Graad 12 en of Siviele Diploma sal in u guns tel.
- Uitsonderlike tegniese kennis van beton met betrekking op aggrigaat, mengsels, plaas en kompaktering
- Kennis van stormwater
- en rioolstelsels
- Lees en vertolk van komplekse planne en moet self opmetings kan doen
- Moet in staat wees om uit die boks te dink om probleme op te los.
- Moet uiters presies wees in persoon en in werk verband.
- Goeie kommunikasie vaardighede
- Organisasie vermoë en leierseienskappe
- Fisies fiks
- Bereid om langure en naweke te werk
- Geldige rybewys (Swaarvoertuig sal ‘n voordeel wees)
- Bereid om te verhuis na Porterville

**Job Types**: Full-time, Permanent

**Salary**: R20,000.00 - R25,000.00 per month