Junior Boekhoudster

3 weeks ago


Constantiapark, South Africa Eastern Personnel Consultants Full time

Sluitings datum: 28 February 2023
Aanstelling: Permanent, voltydse posisie
Ligging: Constantiapark, Pretoria-Oos, Gauteng
Salaris: R 12 000-00 - R 15 000-00 per maand, geen byvoordele
Noodsaaklike kwalifikasie: Voltooide Boekhou / Finansiële Diploma
- Opsoek na ‘n dame (ouderdom tussen 23 to 30 jaar) as boekhoudster by ‘n ouditeursfirma in Constantiapark.
- Voltooide Boekhou / Finansiële Diploma noodsaaklik - stuur asseblief afskrif van kwalifikasie saam met CV.
- Vorige werksverwante ondervinding noodsaaklik.
- Algemene boekhouding tot proefbalans.
- Rekonsiliasies.
- Debiteure.
- Krediteure.
- Datavaslegging.
- Bystand lewer aan Senior ouditeure en Junior SAICA Klerke.

Merk epos as “Junior Boekhoudster - Voltooide Diploma”

Indien jy geen terugvoer binne 14 dae ontvang nie, aanvaar die aansoek as onsuksesvol.

OOSTELIKE PERSONEEL KONSULTANTE (SEDERT 1990)
Kontaknommer: 0123483218

BELANGRIKE KENNISGEWING: Deur aansoek te doen vir hierdie pos en om u CV en ander persoonlike inligting aan Oostelike Personeel Konsultante BK te verskaf, gee u toestemming dat die inligting gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor dit verskaf is, wat werwingsdoeleindes en moontlike aanstellingsdoeleindes is (sou u suksesvol wees). Let daarop dat u inligting slegs vir werwingsdoeleindes of vir sodanige doeleindes wat verband hou met die beoordeling van die totstandkoming van ‘n diensverhouding met uself verwerk sal word, en dit sal gedoen word in ooreenstemming met die toepaslike wetgewing oor databeskerming en privaatheid. Ons bevestig dat sulke inligting nie vir enige ander doel gebruik sal word sonder dat u vooraf toestemming daarvoor verleen het nie. As u aansoek nie suksesvol was nie, behou ons u CV en ander inligting vir ‘n tydperk van 3 maande. As u beswaar maak daarteen dat u inligting in ooreenstemming met die voormelde klousules gebruik word, moet u asseblief nie aansoek doen nie.