Winkelassistent

2 weeks ago


Centurion, South Africa De Afrikander Handelshuis Full time

De Afrikander Handelshuis is 'n Afrikaanse geskenkwinkel by die Voortrekkermonument wat nie net direk aan die publiek verkoop nie, maar ook grootmaat produkte aan kleinhandelwinkels verskaf. Die winkel bedien plaaslike en internasionale toeriste en is opsoek na 'n winkelassistent wat die volgende verantwoordelikhede kan oorneem:

- Verkope in die winkel hanteer
- Kliente bystaan met navrae
- Produkte uitpak, prys en netjies hou
- Voorraadtellings doen en voorraadbeheer uitoefen
- Verkoopsagteware gebruik om voorraad te ontvang en produkte te bestuur
- Fakture opstel en algemene administrasie verrig

Die geskenkwinkel is sewe 'n dae 'n week oop, alhoewel die pos vyf dae per week sal vereis, sal die persoon bereid moet wees om naweke ook te werk. Handelsure is 8:00 - 17:30.

Die ideale persoon is:

- Ingestel op detail en 'n sterk aanleg vir administrasie
- 'n Goeie kommunikeerder in beide Afrikaans en Engels
- Iemand wat gemaklik is met tegnologie en rekenaarprogramme vinnig kan leer.
- Iemand wat uitstekend is met probleemoplossing.
- 'n Natuurlike mense mens, wat maklik met ander gesels en 'n uitgaande persoonlikheid het.

**Salary**: R7,000.00 per month

**Language**:

- Afrikaans (required)