Hoofbestuurder

2 weeks ago


Langkloof, South Africa HopkinsCalvert Associates Full time

Ons kliënt is ‘n toonaangewende verpakker van topgehalte vrugte gebaseer in die Langkloof in die Oos-Kaap. Hulle wil ‘n toepaslik gekwalifiseerde en ervare hoofbestuurder aanstel wat verantwoordelik sal wees vir die strategiese en operasionele bestuur van die maatskappy.

Verdere verantwoordelikheid sluit in, maar is nie beperk nie, tot die volgende:

- Strategiese rigtingewing m.b.t. visie, missie, doelstellings en struktuur van die maatskappy
- Kliënte skakeling en bevordering van kliënte verhoudinge
- Verslaggewing aan die direksie by wyse van direksievergaderings en ad-hoc skakeling met Raad van direkteure
- Tree op as eksterne kommunikasiebeampte van die maatskappy insluitend die gereelde kommunikasie met produsente / aandeelhouers van die maatskappy
- Die bevordering van die belange van aandeelhouers
- Bevordering van die beeld van die maatskappy en vestiging van hulle handelsmerk
- Beskerming van die eksterne belange van die maatskappy

**Operasionele Bestuur**
- Koste effektiewe en doeltreffende verpakking en verkoeling van vrugte
- Identifisering en bestuur van bemarkingsagente
- Tree op as eienaar van die voedselveiligheids-stelsel en oorhoofse kontrole oor die toepassing daarvan
- Oorhoofse kontrole oor finansiële dissiplines binne die maatskappy
- Uiteindelike verantwoordelikheid vir die voldoening aan alle statutêre vereistes en wetgewing
- Behoorlike hulpbronbeplanning,insluitend waar nodig die byhou by tegnologiese vernuwing
- Handig en betrokke wees by die daaglikse aktiwiteite van die besigheid

**Personeel Bestuur**
- Uiteindelike verantwoordelikheid vir die uitvoering van pligte ooreenkomstig pligstate van die onderskeie afdelingsbestuurders
- Gereelde kommunikasie met bestuurspan by wyse van bestuursvergaderings, wat voedselveiligheid, finansies en admin, bedryfs
- en arbeidsaangeleenthede sal dek
- Oorhoofse kontrole m.b.t. die aanstelling van personeel en bestuur van die personeel beplannig
- Daarstel en kontrole oor die toepassing van ‘n dissiplinêre
- en griewekode binne die maatskappy

**Vereistes**:

- Nagraadse kwalifikasie in ondernemingsbestuur, met spesifieke verwysings na Finansiële Bestuur en/of ingenieurswese.
- +_ 10 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke rol en ondervinding spesifiek in die landbou en/of sagtevrugte bedryf sal in die aansoeker se guns tel.

***Kernvaardighede & Eienskappe**:

- Finansiële bestuurvaardighede
- Produksiebestuursvaardighede
- Goeie arbeidsverhoudinge en personeelbestuursvaardighede
- Sterk analitiese vaardighede
- Kliënteskakeling en onderhandelingsvermoë
- Probleemoplossingsvaardighede
- Baie goed onder druk kan funksioneer
- Goeie kommunikasie vaardighede en moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf
- Verder moet dit ‘n persoon van integriteit wees met hoë morele waardes en ‘n positiewe waardesisteem en ingesteldheid

**Deur u inligting en aansoek in te dien, bevestig u hiermee**:

- Dat u ons Privaatheidsbeleid (hopcal.co.za) gelees en verstaan het.
- Dat u ons toestemming gee om u persoonlike inligting in ons databasis te behou vir toekomstige ooreenstemmende werksgeleenthede.
- Indien geskikte geleenthede ontstaan, sal ons u kontak en u toestemming versoek om u CV vir ‘n spesifieke doel aan ‘n spesifieke kliënt voor te dien.
- Dat die inligting wat u aan ons verskaf het, waar, korrek en op datum is.

**Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat**:

- ’n volledige Curriculum Vitae (**in Word-formaat**), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word

Indien u nie binne vier weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.

Sluitingsdatum: 10 Februarie 2023