Financial Advisor

2 weeks ago


Moreletapark, South Africa Boerfin Full time

Werksgeleentheid: Finansiële Adviseur

Maatskappy: Boerfin

Boerfin, 'n toonaangewende finansiële instelling, is op soek na 'n dinamiese en ervare Finansiële Adviseur om ons span te versterk. Hierdie posisie bied 'n uitstekende geleentheid vir 'n individu wat passievol is oor finansiële beplanning en kliënte-dienste. As Finansiële Adviseur by Boerfin, sal jy 'n sleutelrol speel in die bevordering van finansiële welstand vir ons kliënte.

Boerfin bied ‘n wye verskeidenheid finansiële dienste aan hoofsaaklik boere en Afrikaanse besigheidseienaars, sowel as Afrikaanse professionele persone.

Ons is ‘n jong groep finansiële adviseurs wat ‘n verskil kan maak in ander se lewens, en sodoende ook die vrugte daarvan kan pluk. Boerfin groei teen ‘n snelle tempo, en bied ’n geleentheid vir ons mense om saam met die besigheid te groei.

Waarom Boerfin?

Ek kan ‘n lang lys van redes verskaf hoekom jy by Boerfin behoort aan te sluit, maar die hoofrede wat ek onder ons adviseurs waarneem is die TROTS wat ons het in dit wat ons doen. Die naam Boerfin lok heelwat aandag en maak dit makliker om sakegesprekke van stapel te stuur.

Ekstra inkomstestroom:
Boerfin bied heelwat meer as bloot finansiële beplanning vir ons kliënte, dus het elke adviseur

die geleentheid om deur middel van verwysings ‘n ekstra stroom van inkomste te genereer, deur

byvoorbeeld:
Korttermynversekering

Testamente en Trusts

Finansiering

Rekeningkundige Dienste

Alternatiewe Beleggings

Hierdie is dienste wat ons adviseurs ook aan hul kliënte kan bemark om sodoende beter diens

aan hul kliënte te verskaf.

Verantwoordelikhede:
1. Identifiseer en evalueer die finansiële behoeftes van kliënte.

2. Ontwikkel 'n omvattende finansiële beplanningsstrategie vir individue en besighede.

3. Verskaf professionele advies en leiding oor beleggings, versekering, aftrede, en ander finansiële aspekte.

4. Bou en onderhou 'n sterk verhouding met kliënte deur uitmuntende diens te bied.

5. Hou op hoogte van nuwe ontwikkelings in die finansiële sektor en pas strategiese aanbevelings dienooreenkomstig aan.

Vereistes:
1. RE 5 / In die proses om te kry

2. Geregistreerde Finansiële Adviseur (FAIS) sertifisering.

3. Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.

4. Bewese ervaring as Finansiële Adviseur.

5. Sterk analitiese en probleemoplossingsvermoë.

Aanbod:
1. Ons bied markverwante kommissie, maar met ‘n maandelikse bonusstruktuur wat jou kommissie tot 145% van die markverwante kommissie kan lig.

2. Groei geleenthede binne 'n dinamiese en innoverende omgewing.

3. Voorsiening van opleiding en professionele ontwikkeling.

4. Goeie werksomstandighede en 'n positiewe werksomgewing.

5. Salaris van R25 000 gedurende opleidingsmaand

**Salary**: R15,000.00 - R100,000.00 per month

**Education**:

- Certificate (required)

**Experience**:

- Financial Advisor: 2 years (required)

License/Certification:

- RE 5 (required)

Ability to Commute:

- Moreletapark, Gauteng (required)