Buyer/planner

3 weeks ago


Malmesbury, South Africa Cape Dutch Group Full time

Ons is ‘n familie georienteerde maatskappy wat spesialiseer in die vervaardiging van doelgemaakte hout deure, vensters, pergola’s, mouldings en meubels. Ons het die volgende pos beskikbaar vir ‘n doelgerigte, hardwerkende en betroubare persoon. Die geskikte kandidaat sal nou saamwerk met die huidige personeel in ‘n fabrieks opset, asook direk skakel met kliente om spesifikasies vir seker produkte te bespreek. Pligte sal hoofsaaklik die volgende insluit, maar is nie beperk nie:
**Aankoper**:

- Verkryging van kwotasies vir alle produkte wat deur die maatskappy aangekoop word
- Voornemende aankope voorle aan bestuur vir goedkeuring
- Aankoop van alle hardeware, verbruiksgoedere en glas daagliks en volgens die maatskappy sisteem
- Onderhandeling vir beter aankoop pryse, asook die opbou van goeie werks verhoudinge met verskaffers
- Weeklikse en maandelikse voorraad opnames
- Uitgee van produkte daagliks aan die fabriek soos benodig en administrasie/rekordhouding hiervan
- Goedere terugstuur aan verskaffers
- Spesifikasie van hardeware vir deure op sekere projekte
- Ondersteuning gee aan en kommunikasie met fabriekbestuurder en installasie Bestuurder
- Moet goed kan organiseer, aandag aan detail kan gee, goed kan onderhandel en sterk administratiewe eienskappe toon
- Ander werke soos van tyd tot tyd verlang kan word deur bestuur
- Minimum van 5-10 jaar ondervinding in dieselfde beroep
- Sterk administratiewe en onderhandelings eienskappe
- Geskikte kandidaat moet goed kan organiseer
- Geskikte kandidaat moet self gedissiplineerd wees
- Moet sterk wees in beide Engels en Afrikaans
- Eie vervoer
- Pos is voltyds
- Vergoeding sal onderhandel word en maandeliks wees
- Maatskappy bied op hierdie stadium geen byvoordele soos medies of pensioen nie

**Job Type**: Permanent

**Experience**:

- Buying: 5 years (required)

Ability to Commute:

- Malmesbury, Western Cape (required)