Administratiewe Assistent

5 months ago


Parktown, South Africa Parktown North Mica Full time

**Administratiewe Assistent benodig vir hardeware winkel/s in Parktown North**

Verantwoordelikhede sluit in - maar is nie beperk tot:

- Basiese boekhouding
- Vaslegging van uitgawes
- Bestuur kleinkas
- Bestuur kassiere
- Berekening van salarisse
- Bestuur skryfbehoeftes
- Ondersteuning vir aankope departement met basiese take
- Betrokke by voorraadopnames
- Krediteure rekonsiliasies
- Debiteure state en navrae
- Liasering
- Algemene assistent vir direkteure
- Rapporteer direk aan direkteure en rekenmeester

Werksure is Maandae tot Vrydae 07:00 - 17:00

Oortyd mag soms vereis word, afhangend van die winkel se behoeftes.

Vereistes:

- Vlot in Engels (moet professioneel in Engels kan kommunikeer en korrespondeer)
- Stiptelik en akkuraat
- Moet onder druk kan werk
- Moet verantwoordelik wees en sonder toesig kan werk
- Geldige bestuurslisensie en eie vervoer
- Ernstige kandidate wat bereid is om te groei saam met die maatskappy
- Ten volle rekenaarvaardig met MS Office produkte

Die volgende is nie vereistes nie, maar sal voordelig wees tot jou aansoek:

- Ervaring in boekhouding of rekeningkunde
- Ervaring in bestuur van kassiere
- Ervaring in bestuur van kleinkas en ander kontant
- Ervaring as krediteure
- of aankope klerk
- Ervaring in die hardeware bedryf
- Ervaring in Microsoft Teams, IQ Retail, Intercode Payroll

Slegs ernstige kandidate word oorweeg. Salaris onderhandelbaar na gelang van ervaring.

**Salary**: R4,500.00 - R9,000.00 per month

Application Question(s):

- Do you have your own transport?

**Education**:

- High School (matric) (required)

License/Certification:

- drivers license (preferred)