Assistent Vir Hoof Uitvoerende Beampte

2 weeks ago


Worcester, South Africa Innovation for the Blind Full time

Innovation for the Blind (IftB) nooi energieke en dinamiese kandidate om aansoek te doen vir ‘n veelsydige voldagpos.

Die posbekleër neem verantwoordelikheid vir alle ondersteunende operasionele en administratiewe funksies vir die Hoof Uitvoerende Beampte en Bestuurspan, met primêre fokus op die HUB.
- Koördinering en monitering van operasionele en administratiewe funksies
- Saamstel van professionele verslae, notules en voorleggings
- Ondersteuning aan fondswerwingspan
- Uitstekende verbale en skriftelike kommunikasievermoë met kliënte en personeel
- Koördinering van funksies soos aangebied deur IftB.

Die ideale kandidaat beskik oor die volgende:

- Tersiêre kwalifikasie en/of toepaslike ondervinding as ‘n persoonlike assistent
- Bewese administratiewe vaardighede
- Rekenaarvaardigheid (MS Word, Excel en Powerpoint), kennis van elektroniese toepassings en rekenaarprogramme
- Geldige kode 08 rybewys
- Goeie syfervaardighede
- Die vermoë om selfgedrewe en onafhanklik te werk
- Die vermoë om druk te hanteer.
- Uitstekende interpersoonlike
- en kommunikasievaardighede (Engels en Afrikaans)
- Professionele voorkoms en optrede asook handhawing van vertroulike aangeleenthede en inligting
- Integriteit