Administratiewe Beampte

2 weeks ago


Centurion, South Africa De Afrikander Handelshuis Full time

De Afrikander Handelshuis is 'n Afrikaanse geskenk en aanlynwinkel. Die handelsnaam Republk val ook onder die groep besighede en is 'n leefstylhandelsnaam wat ook grootmaat aan ander kleinhandelwinkels verkoop word. Die pos is spesifiek vir Republk en behels die grootmaat en aanlynverkope van die handelsnaam.

Take sal insluit:

- Pak en versending van aanlyn en grootmaat bestellings
- Kliente bystaan met navrae
- Voorraadtellings doen en voorraadbeheer uitoefen
- Fakture opstel en algemene administrasie verrig
- Bestellings plaas by verskaffers

**Werksure**:Vyf dae per week, vanaf 8:00 - 16:00.

Die ideale persoon is:

- Ingestel op detail en 'n sterk aanleg vir administrasie
- 'n Goeie kommunikeerder in beide Afrikaans en Engels
- Iemand met vermoeë om te kan skryf
- Iemand wat bereid is om fisies ook produkte te kan skuif en te kan rondra. Moet fisies gesond wees.
- Iemand wat gemaklik is met tegnologie en rekenaarprogramme vinnig kan leer.
- Iemand wat uitstekend is met probleemoplossing.
- 'n Natuurlike mense mens, wat maklik met ander gesels en 'n uitgaande persoonlikheid het.

**Salary**: R8,000.00 - R13,000.00 per month

**Language**:

- Afrikaans (required)



  • Centurion, South Africa LWO Werkgewersorganisasie Full time

    Werkgewersorganisasie gebaseer in Centurion, spesialiseer in Arbeidsreg vir die Werkgewer, op soek na 'n energieke Regsadministratiewe Beampte. **Vereistes vir die pos**: - Matriek - Rekenaargeletterd - Vlot in Afrikaans en Engels - Sterk administratiewe vaardighede - Doelwit gedrewe - Goeie kommunikasie vaardighede - Ervaring in die regsdienste omgewing...