
Junior Traumaberader
1 month ago
AfriForum is tans op soek na 'n junior traumaberader om by die organisasie se traumaeenheid aan te sluit.
- Die doel van die pos is om te verseker dat die AfriForum-traumaeenheid geposisioneer en toegerus is om traumaondersteuningsdienste aan slagoffers van plaasmoorde, plaasaanvalle en geweldsmisdaad te bied._
- Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bied van traumaberading aan slagoffers en ontlonting met individue en groepe wat slagoffers van geweldsmisdaad is._
Ons is op soek na individue wat oor die volgende vaardighede beskik: goeie menseverhoudings, die vermoë om 'n hoë vlak van vertroulikheid te behou, goeie kommunikasievermoë, geen kriminele rekord of vorige veroordelings, hoë vlakke van emosionele intelligensie, asook 'n effektiewe spanspeler wat bereid is om lang en ongereelde ure weg van die huis af te werk.
**Die geskikte kandidaat moet aan die volgende posvereistes voldoen**:
- Een
- tot driejaardiploma in die toepaslike veld: Sielkunde, Teologie, Berading (verskeie spesialisasie), Traumaberading
- Tussen een en drie jaar ondervinding
- Kennis van die strafproses, Wet op Seksuele Misdrywe en POPI-wetgewing
- Registrasie by CPSC/professionele liggaam as 'n berader op ten minste 'n Kategorie 2.
Hierdie is 'n fantastiese geleentheid om 'n verskil te maak in die lewens van individue wat slagoffers van misdaad word en traumatiese gebeurtenisse ervaar.
**Aansoeke moet voor of op 31 Oktober 2024 ingedien word**.
- Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was._