Verhuringsadministrateur

2 weeks ago


Potchefstroom, South Africa Potch Eiendomme Full time

**Verhuringsadministrateur Betrekking Beskikbaar: Potch Eiendomme**

Potch Eiendomme is ‘n gevestigde eiendomsagentskap geleë te Mareestraat 3. Potch Eiendomme lewer kompleksbestuur-, verhuringsbestuur
- en verkoopsdienste aan die plaaslike mark. Potch Eiendomme beskik oor ‘n vakante betrekking vir ‘n **Verhuringsadministrateur** vir spesifiek die verhuringsbestuurafdeling. Ideale kandidaat verkieslik 'n jong gegradueerde maar nie 'n vereiste.

**Posbeskrywing**:
Die pos behels die volgende pligte:
Administrasie:

- Korrespondeer met kliënte en eienaars om navrae te beantwoord in verband met huurbetaling en -kontrakte.
- Betalingsooreenkomste sluit en invordering van agterstallige huur.
- Liasering van kliënte dokumentasie.
- Klagtes namens eienaars aan huurders lewer en dienooreenkomstig optree.
- Belastingstate voorsien aan eienaars per afsluiting van die finansiële jaar.
- Hernuwing van huurkontrakte, insluitend die kommunikasie aan eienaars en huurders en die opstel, versending en invordering van huurkontrakte.
- Administrasie van huurders wat kennis gee en gepaardgaande kommunikasie aan eienaars.
- Munisipale rekeninge nagaan en op rekeninge hef.

Onderhoud (tydelik tot Maart 2024):

- Ontvangs van onderhoudsinsidente.
- Prosessering van onderhoudsinsidente volgens goedgekeurde prosedures.
- Rekordhouding van onderhoudsinsidente op toepaslike elektroniese platforms.
- Verkryging van toestemming by nodige partye om onderhoud te aksie.
- Skakeling met kontrakteurs en lewering van instruksie.
- Prosessering van kwotasie en fakture vir betaling.
- Verkryging van magtiging vir betalings.
- Ad-hoc inspeksies (lae voorkoms).
- Skakeling met verhuringsagente rakende onderhoudsverwante sake en kwessies.

Gevorderde administrasie (vanaf April 2024):

- Prosessering van deposito’s nadat huurders ontruim het, insluitend die verhaling van die nodige admin
- en herstelkostes by die huurders.
- Hantering van maandeindprosesse en lewer state aan huurders en eienaars.
- Allokering van betalings en rekonsiliasie van huurders se state.
- Hantering van betalings aan krediteure, soos die munisipaliteit en herstelwerk kontrakteure.
- Hantering van dispute rakende deposito’s, herstelwerk of tussen eienaars en huurders.

**Vereistes**:

- Nasionale Senior Sertifikaat - Graad 12, met verkieslik Wiskunde en Rekeningkunde op Hoërgraad.
- Rekenaarvaardig in Microsoft Office.
- Professionele geskrewe taalvaardighede
- Goeie menseverhoudinge.
- Afrikaans en Engels magtig.
- Ondervinding in die eiendomsbedryf sal voordelig wees.

**Eienskappe**:

- Selfstandig en pligsgetrou
- Dinamies en hardwerkend.
- Vriendelike geaardheid
- Noukeurig en akkuraat in daaglikse take
- Professioneel

Brandstoftoelaag bereken per kilometer afgelê (minimum gebruik).

Mededingende salaris sal onderhandel word na gelang van ondervinding en ervaring.

**Job Types**: Full-time, Permanent

**Salary**: R7,000.00 - R9,500.00 per month

License/Certification:

- driver's licence (required)