Telefoniese Koördineerder

3 months ago


Pretoria, South Africa AfriForum Full time

Hierdie permanente pos is in Kloofsig gebaseer. Jy benodig 'n betroubare voertuig en bestuurslisensie.
AfriForum is op soek na 'n vriendelike, professionele en georganiseerde telefoniese koördineerder met uitsonderlike kommunikasie-, interpersoonlike en administrasievaardighede.
Die minimum kwalifikasies vir die pos is 'n senior sertifikaat en kwalifikasies in administrasie is wenslik, met drie of meer jaar ondervinding.
Die primêre doel van die pos is om ‘n doeltreffende en effektiewe ondersteunings funksie aan AfriForum se takbesture te verleen sodat die bereiking van AfriForum se grondvlak doelwitte vergemaklik word. Die telefoniese koördineerder is verantwoordelik vir die hantering van inkomende en uitgaande oproepe, die verskaffing van kliëntediens van hoë gehalte, en die koördinering van ondersteuning om kliënte en takbesture te help met vrae, probleme en versoeke.
Daar sal ook van die suksesvolle kandidaat verwag word briewe te skryf, ondersteuning te verleen aan die afdeling rakende verslae en kommunikasie te behartig rakende tak aangeleenthede
Die suksesvolle kandidaat sal 'n belangrike rol speel om altyd 'n professionele beeld van die organisasie te handhaaf en sal ‘n direkte kommunikasiekanaal vir takke wees vir vinnige en effektiewe dienslewering
Die pos sal ook vereis dat die kandidaat van tyd tot tyd soos benodig met afdelingstake en die vaslegging van data help.