Hersiensub
Save this job and keep your search organized
Create a free account to save jobs, create alerts and return to this listing from your dashboard.
By continuing, you agree to our Terms & Privacy Policy.
Hersiensubredakteur: Die Burger
Sluit aan by Die Burger se nagkantoor in Kaapstad.
As jy onder druk gedy, ’n nuushond is, kreatief dink en ’n aanleg vir tale het, is hierdie ’n geleentheid vir jou. Die Burger het ’n vakature vir ’n ervare subredakteur in sy nagkantoor in Kaapstad wat aan die nasionale produksieredakteur rapporteer en nou saam met Die Burger se eindredakteur en bladuitlegspan werk. Die posbekleër aanvaar finale verantwoording daarvoor dat deeglik versorgde kopie in die koerant gepubliseer word. Hy or sy moet bereid wees om ongereelde ure, oor naweke en op vakansiedae te werk.
Pligte
- Sub en hersien van kopie, skryf van koerantopskrifte vir berigte.
Vaardighede
- Bewese taalkennis, joernalistieke en redaksionele vaardighede.
- Moet in vlot Afrikaans kan redigeer.
- Goeie kennis van die koerantproduksieproses.
- Uitsonderlike algemene kennis.
- Die vermoë om onder die druk van spertye te werk en goed saam met ’n span te werk.
Kwalifikasies
- ’n Relevante tersiêre kwalifikasie.
- ’n Minimum van tien jaar ervaring in ’n nuuskantoor as ’n subredakteur.
Die suksesvolle kandidaat sal ’n permanente aandskof en elke tweede Sondag werk.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal daar aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.