Ingeskrewe Verpleegassistent
3 weeks ago
Overview Chrismar Villas / Bellville Senior Sentrum, 'n program van Badisa, het 'n vakature vir 'n ingeskrewe verpleegassistent in die sorgeenheid. Vereistes Geregistreer by SARV. Vereiste vaardighede Effektiewe kommunikasie vaardigheid in Afrikaans en Engels. Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor toepaslike kennis en ervaring van bejaardesorg. Goeie fasiliteringsvaardighede, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer en die vermoë om onafhanklik te werk. Bereid om skofte te werk. Karaktereienskappe: Iemand wat aanpasbaar is by die unieke omgewing van die Oord waar omgee met deernis 'n kernwaarde is. Iemand vir wie dit 'n roeping en 'n passie is. Iemand wat gemotiveerd in 'n spanverband kan en wil funksioneer. Iemand met goeie menseverhoudinge en interpersoonlike vaardighede. Verantwoordelikhede Sluit In Verleen basiese verpleegsorg binne die omvang van praktyk van 'n ingeskrewe verpleegassistent. Handhaaf die norme en standaarde vir versorging van ouer persone. Fasilitering van personeel in die sorgeenheid. Handhaaf goeie interpersoonlike verhoudings en werk effektief saam in spanverband. Sluitingsdatum 10 November Van toepassing gemaak vir: Diensaanvaarding : So spoedig moontlik. Van toepassing maak Rig aansoek met 'n volledige CV, bewys van kwalifikasies en besonderhede van refere aan: Die Bestuurder Per hand: Chrismar Villas, Jessiestraat 25, Chrismar Bellville Per epos: Navrae: Die beheerraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak indien 'n geskikte kandidaat nie gevind word nie. #J-18808-Ljbffr
-
Ingeskrewe Verpleegassistent
2 weeks ago
Cape Town, South Africa Badisa Charity Full time'n Gesamentlike Bedieningsaksie is op soek na 'n Ingeskrewe Verpleeg Assistent in die Skiereiland area. Die pos vereis geregistreerdheid by SANC, opleiding en goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die gesondheidstoestand van bejaardes en moet goeie menseverhoudings...